ons span
El Shammah Pastore
Ps Christopher en Danelle
Pastoor Christopher en Danelle het gedien as mede-leeraarspaar vanaf 2009 tot Augustus 2021.
Vanaf 1 September 2021 is hulle ons presiderende pastoorspaar. Die teenwoordigheid en werking van die Heilige Gees is vir hulle ‘n prioriteit en hulle het albei ‘n groot liefde om te sien hoe verlore mense God ontdek en beleef.
Hulle spog met drie pragtige kinders; Ruben, Samuel en Ashery. As gesin hou hulle van kamp en om kwaliteit tyd saam te spandeer.
Ps Cobus en Tokkie
Pastoor Cobus en Tokkie het gedien as presiderende pastoorspaar vir 27 jaar by El Shammah en op 1 September 2021 het hulle emeritus status bereik en dien sedert as mede-leraars. Cobus en Tokkie bied tans mentorskap aan die voltydse span in die gemeente en leef hul bediening passievol uit.
Pastoor Cobus se passie is om dissipels te maak wat ook dissipels maak. Hierdie oupa en ouma spog met vyf pragtige kleinkinders Lukas, Brian en Ameé en ‘n tweeling: Christiaan en Lian. Hulle is baie trots op hulle kinders; Rudolf en Rolandi, Cindy, Dawie en Melindri.
ONS SPAN
Personeel
Kerk Kantoor:
Tel. +27 53 723 1929
Weeksdae 8:00-12:00
Noodgevalle:
Sel. +27 76 988 3844
E-pos adres:
info@agskathu.co.za
Adres:
Hv Hendrik van Eck
& Hans Coetzee, Kathu 8446
Suid Afrika
Kerk Kantoor Ure:
Maandae- Vrydae
08:00 -12:00